Vandag is ʼn baie
warm dag in Susa, die Persiese son het geen genade, nie eers in die winter nie;
tog is dit ʼn mooi dag in die stad. Selfs al is ek vandag besonders haastig
terwyl ek deur hierdie bekende area stap kan ek nie help om verwonderd te oor
die paleis met sy gekleurde stene, marmer pilare, die ingevoerde hout wat so
mooi in die poorte pronk. Hulle het my oupa uit sy land uit gevat en my mense
hier gevestig, maar ek kan nie dink dat die paleis in Jerusalem so mooi kan
wees soos wat ek voor my sien nie. Vir ʼn oomblik kan ek glimlag op hierdie
tragiese mooi dag, ek lag vir myself ek weet ek probeer die taak vermy, maar as
ek nie binnekort by die poort kom nie gaan ek nie my broer se laaste wens kan
nakom nie. Toe ek daar kom is almal reeds daar en wag net dat ons kan begin, my
oë beweeg dadelik na die klein kroeskop dogtertjie met die hartseer bruin oë;
net gister is haar lewe omver gewerp toe my broer en sy vrou so skielik oorlede
is. As alles vandag reg gaan kan sy darem by my kom bly en ons kan saam begin
om aan te gaan met ons lewens. Die gryskop oom met sy son gevlekte plooie is ʼn
wyse man en vra deeglik vra en laat my besef daar is soveel wat ek nie besef
het van ’n kind hê; dit gaan moeilik met my werk by die Paleis wees, maar ek
verseker hom dat Mordegai bar Jaïr met vreugde sy niggie sal aanneem en vir
haar ’n pa wees. “Daar is nie ʼn manier wat ek kan toelaat dat my bloed in ʼn
vreemde huis kan grootword nie; al wat ongelukkig sal moet gebeur is dat ons
haar naam sal moet verander. Hadassah is ʼn baie mooi familie naam, maar met my
werk sou dit nie goed wees om aanstoot te gee deurdat my dogter nie ʼn persiese
naam het nie, so van vandag af gaan ons jou in die openbaar Ester noem.”
Twaalf jaar later
Ek kan nie glo
wat gebeur het nie, die koning het vir Vasti weggestuur. In die paleis is die
atmosfeer bitter swaer, mens durf nie vandag glimlag nie; almal het vandag al
gevoel hoe kwaad die koning vir homself is. Mens sou dink sy raadgewers gaan
die arme man bietjie tyd gee om te rou en herstel, maar hulle bly hom hamer met
die vraag wanneer gaan hy die proses begin om ʼn nuwe vrou te kry; hy het geen
erfgenaam en ons het al gesien wat gebeur as ʼn ryk nie seker is wie gaan opvolg
nie. Ons kan nie ʼn siviele oorlog bekostig nie.
Later daardie week
Die aankondiging
is gemaak, kon dit nie bietjie langer gewag het nie; Ester is oud genoeg om in
aanmerking te kom en ek kon nog nie ʼn verlowing reël nie. Laatmiddag toe ek by
die huis kom, kon Ester dadelik sien iets is nie lekker nie. “Wat is fout pa?”
vra sy terwyl ek haar groet. “Die koning het aangekondig dat sy ministers
binnekort deur die land gaan reis en die mooiste jong dames na die paleis toe
gaan neem vir evaluasie om die koning te ontmoet en dalk die volgende koningin
te word.” Antwoord ek mismoedig “Jy is oud genoeg om oorweeg te word en my
kollega in die paleis het dit reeds duidelik gemaak dat hulle raak gesien het
hoe mooi jy die laaste twee jaar ontwikkel het.”
Net toe ons by
die etenstafel gaan sit hoor ek iemand klop aan die deur. Ek wonder wie sal die
tyd van die dag aankom, ek kan nie onthou dat ek iemand vir ete genooi het nie,
maar dit sal ook nou nie die eerste keer wees dat ek ʼn afspraak vergeet nie.
Soos ek die deur oopmaak sak my moed is my skoene, terwyl en normaalweg gelukkig
sou wees as Basan kom kuier weet ek hy is een van die amptenare wat die
jongmeisie se familie moet inlig dat hulle gekies is en die meisie dan paleis
toe neem. Basan kan sien wat in my gedagte aangaan “Mordegai, ek sal seker maak
hulle kyk mooi na haar in die harem en sal ʼn goeie woordjie vir haar insit”
probeer hy my troos “Ek kan jou ʼn uur gee om haar gereed te kry om te gaan
omdat ons vriende is, vertel haar wat gaan gebeur en berei haar voor soos jy
goeddink; onthou net daar is ʼn goeie kans dat sy in die proses kan uitval en
dan net terugkom huis toe.” “Dankie Basan, ek waardeer dit!” antwoord ek en
probeer die hartseer uit my stem hou. Ester lyk bekommerd Sy vra saggies,
benoud “Is ek een van die wat gekies is? Wat beteken dit pappa?” Vir ʼn oomblik
hou ek haar net vas, voor ek kan antwoord. “Oom Basan gaan oor ʼn rukkie jou kom
haal en na die paleis neem. Selfs al werk ek daar gaan ons mekaar nie kan sien
tot jy of uitval, terug gestuur word of gekies word as koningin. Daar is ʼn kans
dat ons mekaar nie binnekort gaan sien nie. Basan sal seker maak hulle kyk mooi
na jou, hulle gaan jou leer hoe om soos ʼn koningin aan te trek, hoe om te loop,
beweeg en dink soos ʼn koningin. Jy gaan van ander lande en hulle gebruike leer
en daarop getoets word. Na ʼn tyd gaan ʼn aantal van julle voortgaan terwyl ander
gaan terug gaan na hulle huise. Die wat tot die einde bly gaan die koning
ontmoet en kan ʼn nag met hom spandeer.” “Ester jy weet wat ek jou geleer het
van die huwelik, onthou dit, die koning is ʼn goeie man, hy word soms net slegte
raad gegee en mislei. Vertrou op God, Hy sal by jou wees.”
Ons spandeer die
res van die uur deur om sommer net te gesels oor die verlede en om saam te bid.
Die tyd vlieg en weer staan Basan voor die deur. Ek en Ester groet mekaar ek
maak seker my laaste woorde aan haar is “Ek is lief vir jou, dit maak nie saak
wat gebeur nie, dit sal nie verander nie en jy sal altyd ʼn plek in my huis hê!”
Later
Die tyd gaan
verby en elke nou en dan kry ek van die harem terugvoer oor hoe goed Ester
doen, hoeveel slimmer en vriendeliker sy is as die ander meisies; hoe populêr
sy by almal is, niemand het ʼn slegte woord te sê van my dogter nie. Dit maak my
so trots en bang, ek is trots en dankbaar dat sy goed doen, maar so bang oor
wat vir haar wag en dat ek haar dalk nie weer gaan sien nie. Daar is geen
waarborg dat die koning enige van die meisies wat hom ontmoet sal toelaat om
weer terug te gaan na hulle ouers nie.
Weer soos ʼn jaar
terug is daar ʼn onverwagte klop aan die deur, toe ek oopmaak staan Basan daar
met ʼn wynsak en ʼn breë glimlag. “Mordegai my vriend, ek het vir jou baie goeie
nuus!” Ek vra versigtig “Wat sou dit wees?” Basan het soms ʼn vreemde sin vir
humor. “Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar die koning het pas dit bekend
gemaak dat hy en Ester gaan trou en hy stuur al die ander meisies huis toe met ʼn
lekker skat!” lag hy in antwoord. Ek gaan haal my twee beste koppies, hierdie
nuus moet gevier word!
Drie maande na die troue
Vandag het ek en
Hamman weer vasgesit, ek en die man kan net nie om dieselfde kampvuur sit nie;
hy vryf my net verkeerd op. Vandag het hy vir ʼn slag sy werk reg gedoen, maar
ek dink nie die man gaan my hiervoor vergeef nie. Wie sou kon dink daardie
komplot wat ek so lank terug gestop het daardie man sou dwing om my te vereer, veral na ek die een
keer wat hy vereer is nie voor hom gebuig het nie. Ek dink nie hy gaan hierdie
laat gaan sonder om wraak te kry nie, veral nie na hy gedink het hy beplan sy
eie verering... Ek sal mooi moet kyk wat hy gaan doen. Tog het ek en Basan
lekker gelag oor daardie gesig wat so mooi getrek het toe hy by die koning hoor
hy moet my vereer.
Ses weke later
Ester kom vandag
baie ontsteld by my aan. Haar woorde skok my, ek het geweet Hamman hou nie van
my nie, maar om so ver te gaan dat hy my hele volk wil uitwis? Daar moet iets
fout wees met hierdie man. Ek en Ester gesels solank as wat ons kan en ek
moedig haar aan om met die koning te gaan praat, ek is seker dit is juis
hiervoor dat God haar sy koningin gemaak het. Ek belowe om saam met haar en die
ander gelowiges in die stad te bid. Die skuldgevoel bly my by, ek weet Darius
is lief vir Ester, maar hy is ʼn humeurige man. Hy het al iemand wat sonder dat
hy ontbied is met hom begin praat het laat dood martel.
Dae gaan verby en
ek het nog niks van Ester gehoor nie; Hamman spog oral dat hy die grootste galg
in die koningryk laat bou het om my te dood. Ek sou daarmee kon leef as ek net
seker kon wees my dogter gaan oorleef, maar ek kan net nie seker wees dat
iemand nie haar verklap nie.
Ek kan my oë nie
glo nie, die koning het ʼn nuwe proklamasie gemaak, ons mag eerste aanval en hy
gaan help. Ons is gered! “God is so getrou.” Bid ek hardop soos ek lees. Die
volgende oomblik staan die hoof van die paleiswag en twee massiewe soldate voor
my “Kom dadelik saam met ons!” beveel hul. Ek gaan sonder stryd saam, waarom
gaan ons na Hamman se huis toe? Is hierdie ʼn komplot teen my wonder ek? Waarom
het my vriende my nie gewaarsku nie. Die galg kom al nader en my hart klop soos
ʼn perd wat gallop. Daar is iemand wat reeds op die galg is.
“Wie is dit daar
op die galg? Wat is aan die gang?” vra ek deurmekaar. “Hamman” antwoord die
paleiswag hoof “Hy het Ester probeer aanrand en julle volk probeer uitwis. Die
koning was so kwaad hy het dadelik laat beveel dat hy op sy eie galg moet sterf
en dat jy moet sien hoe die galg wat vir jou gebou is op hom gebruik word.” Hy
leun nader “Hou dit stil, maar die koning gaan jou Hamman se posisie en eiendom
gee...”
ʼn Paar dae later
Ek sit langs
Ester in die paleis besig om fees te vier en besef net hoe groot God is, hy het
vir my ʼn dogter gegee toe ek my broer verloor het, toe ek my dogter moes
afstaan gebruik Hy haar om ons volk te red en dan laat Hy my toe om soos die
Psalm sê ʼn feesmaal voor my vyand te geniet; wat kan ek meer vra?
No comments:
Post a Comment